Frikkadel-kerrie met geelrys

Resep deur Herman Lensing

Herman sê: “Die lekker van dié kerrie lê in die sous waarin die frikkadelle gaargemaak word. Neem jou tyd met die sous.”

Genoeg vir 6

 

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

30 ml vinkelsaad

30 ml rissievlokkies

45 ml gerookte masala

20 ml borrie

2 lourierblare

2 x 410 g-blikke klappermelk

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

1 hand vol koljander, fyngekap

sout en varsgemaalde swartpeper

12 klaar gekoopte frikadelle

 

Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, vinkelsaad en rissievlokkies by. Roerbraai vir 5 minute of tot uie begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Voeg res van speserye vir die sous by en roerbraai verder vir nog 5 minute of tot mengsel geurig is. Gooi klappermelk en tamaties by. Meng deur. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 20 – 25 minute of tot dik, romerige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur goed met sout en peper. Pak frikadelle in sous, maak pot toe en laat kook in sous vir 10-15 minute tot gaar. Sit voor met geelrys.

Previous
Previous

Varkkebabs met kweper-glaseersel

Next
Next

Steurgarnale-op-‘n-stokkie