Lensie-en-chorizosop
Resep deur Herman Lensing
Genoeg vir 4
30 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 brandrissie, fyngekap
300 g chorizo-wors, in ringe gesny
25 ml gerookte paprika
1 x 400 g-blik tamaties
500 ml hoenderaftreksel
2 x 400 g-blikke lensies, gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper
ciabbata-brood vir voorsit
botter
Verhit die olyfolie tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg die ui, knoffel, rissie en wors by. Braai vinnig vir 5 tot 8 minute of tot die ui begin verbruin. Voeg die paprika, tamaties en aftreksel by. Verlaag die hitte en laat dit stadig kook vir 10 tot 15 minute of tot die vloeistof met ’n derde verminder het. Voeg die lensies by en bring weer tot kookpunt. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.