Sagopoeding met meringue
Resep deur Herman Lensing
Genoeg vir 6-8 mense
250 ml sago
1 liter melk
1 stuk pypkaneel
30 ml botter
4 eiers, geskei
100 g (125 ml) strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
2 ektra eierwitte
Verhit die oond tot 180 °C. Week die sago vir sowat 3 ure lank in die melk. Sit dan die melk, geweekte sago en kaneel in ’n pot en kook tot die sago deurskynend raak. Pasop vir brand – hou die hitte laag en roer gereeld. Roer die botter by en verwyder van die hitte. Klits die eiergele, die helfte van strooisuiker, die vanieljegeursel en sout saam en roer by die sagomengsel. Skep in ’n oondvaste bak en stip met appelkooskonfyt.
Neem ’n skoon bak en klits 6 eierwitte daarin tot stywe punte vorm. Hou aan met klits en voeg die res van strooisuiker geleidelik by. Klits tot blink en styf. Skep of spuit die meringue bo-op die sagomengsel en bak in ‘n warm oond vir sowat 15-20 minute of totdat die meringue mooi goudbruin is. Sit warm voor met vanieljevla en ’n strooisel versiersuiker.