Ertjie-en-hamsop
Resep deur Herman Lensing
Herman sê: “Ek gebruik graag gerookte varkskenkels vir die resep. Dit gee ’n heerlike geur sonder baie moeite.”
Genoeg vir 6-8
230 g (250 ml) splitertjies
2 liter water
30 ml olyfolie
2 gerookte varkskenkels (eisbeins)
4 preie, in ringe gesny
2 selderystingels, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Week splitertjies oornag in 2 liter water.
Verhit olyfolie in ‘n groot pot. Voeg varkskenkels by en braai tot bruin reg rondom. Voeg preie en seldery by en braai tot sag. Voeg geweekte ertjies met water by en bring tot kookpunt.
Geur met sout en peper. Maak die pot toe met die deksel en verlaag die hitte. Laat prut vir 4 ure. Roer elke nou en dan deur en voeg water by soos dit afkook. Sodra die vleis van die been afval, is dit reg.
Haal die skenkels uit die pot en vlok al die vleis af. As die sop te dik word, kan jy ’n klein bietjie water byvoeg. Sit voor saam met brood van jou keuse.