Italiaanse minestrone-sop
Resep deur Herman Lensing
Herman sê: “Propvol met alles wat heilsaam is. Dis vullend en baie ekonomies.”
Genoeg vir 4
30 ml botter
2 wortels, in ringe gesny
2 uie, grofgekap
2 selderystokke, in ringe gesny
100 g spek, fyngekap
3 tamaties, skil en pitte verwyder, in blokke gesny
1 liter hoenderaftreksel
1 lourierblaar
10 ml roosmaryn, gekap
100 g (250 ml) pennepasta
1 x 420 g-blik cannellinibone
1 x 420 g-blik rooi bone
2 murgpampoentjies, in ringe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
125 g basiliekruid-pesto
Verhit die botter in 'n groot pot tot warm. Plaas die wortels, uie, seldery en spek in die pot en braai vir 10 minute of tot ligbruin. Voeg die tamatie by en braai vir nog 5 minute. Voeg hierna die aftreksel en kruie by, bring tot kookpunt en sit die pasta by. Laat dit kook vir sowat 10 minute totdat die pasta sag en gaar is. Dreineer die bone en spoel af onder lopende water. Voeg die bone en murgpampoentjies by. Kook vir sowat 3 tot 5 minute of totdat die bone warm is. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor met basiliekruid-pesto.