Eiervrug-caponata met bruschetta
Resep deur Herman Lensing
Herman sê: “Caponata is ’n koue bredie van die Italiaanse eiland Sisilië. Ek is mal hieroor, veral op ’n warm dag met goeie witwyn. Dit smaak op sy beste as dit oornag gerus het.”
Genoeg vir 6
2 groot eiervrugte
45 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
4 stingels seldery, gesny
20 ml vinkelsaad
10 kappertjiesade (capers)
60 ml witwyn-asyn
2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
80 ml dadelstroop
1 x 170 g-sakkie groen olywe, grofgesny
6 vars basiliekruidblare
sout en varsgemaalde swartpeper
60 ml botter
6 snye ciabatta-brood
Sny die eiervrugte met ‘n skerp mes in skywe van 1 cm breed. Sny elke skyf in repies van 1 cm breed en elke reep dan in blokkies van 1 cm groot. Verhit die olyfolie tot warm in ‘n groot pot. Voeg die ui, knoffel, seldery en vinkel by. Braai vir sowat 5 minute stadig of tot die seldery deursigtig raak. Voeg die kappertjiesade en asyn by en laat die helfte van die asyn afkook. Voeg die tamaties, heuning en eiervrugblokkies by. Verlaag die hitte en laat prut vir 10 tot 15 minute (roer elke nou en dan) of tot vloeistof weggekook het en ‘n romerige mengsel vorm. Verwyder van die hitte. Roer die olywe en basiliekruid by. Geur goed met sout en peper.