Noord-Afrika-spaghetti
Resep deur Herman Lensing
Herman sê: “Ek is mal oor geure uit Afrika. Dit is mos ons plek, so waarom dit nie meng met Suid-Afrikaanse varkvleis nie. Dit is mos bekostigbaar en lekker!”
Genoeg vir 4-6
45 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
2 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 repe gerookte spekvleis, fyngesnipper
500 g gemaalde varkvleis
1 blik tamatiepuree
water
100 ml harissa-smeer
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 hand vol vars koljander, gekap
60 ml gerasperde parmesaankaas, om af te rond
500 g spaghetti
Verhit die olyfolie en braai die uie, brandrissies en knoffel oor lae hitte tot die uie sag is. Voeg die spek by en braai tot gaar. Voeg die gemaalde varkvleis by en braai tot gaar. Voeg die tamatiepuree by. Maak die tamatieblik vol water en voeg dit ook by, saam met die harissa en sout en peper na smaak. Prut die sous vir ongeveer 20 minute tot afgekook en geurig. Meng die vleissous liggies deur die gaar spaghetti. Sit voor met han de vol gekapte koljander en parmesaankaas.