Semolina-pap met groente
Resep deur Herman Lensing
Herman sê: “Die lekkerste pap wat jy sal eet! Sit hierdie voor as voorgereg of bykos by jou braai.”
Genoeg vir 6-8
45 ml olyfolie
250 g spekblokkies
750 ml laevetmelk
100 g botter
250 ml semolina-meel
100 g (250 ml) parmesaankaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
olyfolie vir braai
180 g klein groenbone (French green beans), stingels afgesny
80 g-pak baba-spinasieblare
100 g dennepitte, gevlokte amandels of ander neute
Verhit die olyfolie in ‘n groot pot tot warm en braai die spek tot goudbruin en bros. Voeg die melk en botter by en bring tot kookpunt oor matige hitte. Voeg die semolina geleidelik by en hou aan klits tot dik. Hou aan roer oor die hitte vir nog sowat 5 minute of tot gaar. Meng die parmesaankaas by tot gesmelt. Geur goed met sout en peper. Verhit nog ’n bietjie olyfolie in die braaipan en roerbraai die groenbone tot sag en gaar, vir sowat 3 tot 5 minute. Geur goed met sout en peper. Skep die gaar pap in ‘n opdienbak en skep die warm bone bo-op. Pak baba-spinasie bo-op. Besprinkel met amandels of dennepitte. Sit warm voor.