Geroosterde hoender met geroomde spinasie
Resep deur Herman Lensing
Herman sê: “Ek het by die aktrise en my vriendin Marion Holm geleer om sulke lekker geroomde spinasie te maak. Ek is dol daaroor en dit dien sommer as sous ook vir die hoender.”
Genoeg vir 6
1 hand vol tiemie
6 boud- en dy-hoenderporsies
500 ml hoender-aftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
1 x 250-g houer roomkaas
500 ml kookwater
45 ml botter
1 uie, fyngekap
2 knoffelhusies, fyngekap
45 ml meel
800 g-sak spinasie
5 ml fyn neutmuskaat
Verhit die oond tot 200°C. Plaas die tiemie in ‘n oondroosterbak en plaas die hoenderporsies bo-op met die velkant na bo. Giet die aftreksel in die pan en plaas in die warm oond om te rooster, vir sowat 25 tot 30 minute. Terwyl die hoender rooster, maak die spinasie: Bring ‘n pot met water tot kookpunt en dompel die spinasie in die water vir 1 minuut. Dreineer die spinasie en hou dit eenkant om af te koel. Meng die roomkaas en kookwater saam tot gladde mengsel. Verhit die botter tot warm in ‘n groot pot en voeg die uie en knoffel by en roerbraai tot die uie deursigtig is, vir sowat 2 tot 3 minute. Gooi die roomkaasmengsel by die uie. Roer tot die mengsel verdik en bring tot kookpunt. Geur goed met sout en peper. Voeg die gekookte spinasie by en roer deur. Skep in ‘n opdienbord en besprinkel met neut. Plaas die gaar hoenderporsies bo-op. Sit voor met die pansous.