Hot cross bun-broodpoeding-koek en -hot cross bun-roomys-broodjies
Resepte deur Herman Lensing
Hot cross bun-broodpoeding-koek
Herman sê: “Een van my go-to-nageregte as tyd min is en ek wil graag af-show!”
Genoeg vir 1 koek
8 Woolworths hot cross buns
1 x 300 g piesangbrood
1 liter laktose-vrye melk
5 eiers
200 g (250 ml) suiker
10 ml kaneel
400 g kersies, ontpit en grofgesny
100 g pekanneute, gekap
100 g donkersjokolade, grofgekap
500 ml vanieljevla vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180°C. Breek die Woolworths hot cross buns in kleiner stukke en plaas in ’n groot mengbak. Krummel die piesangbrood in kleiner stukke en voeg by die hot cross buns. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Maak seker alles is goed bedek. Spuit ’n 3 liter-Bundtpan met kleefwerende kossproei en skep die mengsel in die koekpan. Bak die poeding vir 20 tot 25 minute of tot goudbruin en gestol. Keer uit op ’n opdienbord en giet die vla oor. Sit voor.
Hot cross bun-roomysbroodjies
Herman sê: “ ’n Vinnige oplossing vir nagereg wat ook baie indrukwekkend sal lyk. Gebruik sommer winkelroomys. Ek is mal oor karamel-roomys, maar die keuse is joune!”
6 porsies
6 Woolworths hot cross buns, gehalveer
30 ml botter
1 liter karamelroomys
30 ml versiersuiker
1 hand vol kruisementblare
100 g donkersjokolade
250 ml room
Smeer elke hot cross bun-helfte met botter. Verhit ’n pan tot vuurwarm en rooster elke helfte se gesnyde kant tot goudbruin en bros. Skep 6 roomysballe en plaas op helftes van die geroosterde brood. Druk ’n tweede helfte op die roomys vas en druk saam. Sif versiersuiker oor en versier met vars kruisementblare.